Vandag het ons meer as 300+ lede en groei steeds sterker.
Ons lede bestaan uit opgelei en toegewyde vrywilligers wat gemotiveerd en vasberade is oor die veiligheid en sekuriteit van Delmas en omliggende dorpe. Ons fokus nie net op onsself nie, maar ook op ander gebiede, aangesien misdaad geneig is om oor te spoel en ons inwoners en besighede te raak.
Die span bestaan uit Proto-spanlede, Reaksie-spanlede en 'n gevorderde mediese noodhulpspan vir enige beserings. Hierdie spanne is uitsluitlik daar vir veiligheid, gesondheid en sekuriteit – hulle offer hul tyd op en plaas hul lewens op die spel om die gemeenskap veilig en beskerm te hou.
Ons sê dankie en salueer die onbaatsugtige pogings van al hierdie individue.